Kitskuns By Angie Franke & Monique Day-Wilde
All Books are second hand
Dekorwinkels is vandag gepak met moderne kuns en geblokte kunswerk wat letterlik deur enigeen geskilder kan word wat ‘n basiese idee van kleur en ‘n bietjie deursettingsvermoe het. Hierdie opwindende nuwe titel deur die skrywers van veelsydige lapverf bied jou bekostigbare en kreatiewe idees om jou aan hierdie gewilde kunsvorm oor te gee. Die klem is op tekstuur, lyn en kleur as die skrywers bladsy na bladsy hul idees en inspirasie met jou deel. Met oorskietverf wat jy drup, dribbel, blerts, smeer, sleep of spat op enige denkbare oppervlak, van ‘n ou deur of ‘n geroeste hek, tot klampleers, veselbordblokke, ‘n spieel of ‘n vergete magneetbord, kan jy jou hele huis opkikker met maklike, treffende kunswerke.