
Con de Villiers Die Sneeu Van Ander Jare By Hennie Aucamp
All books are second hand
Dust jacket has damage
Karen Blixen, die beroemde Deense Engelse skrywer, het haarself “‘n restourateur van die verlede” genoem; en dié kwalifikasie kan ook met mense soos dr. Con de Villiers, M.E.R., Gustav Preller en Boerneef verbind word.
Nie net uit nostalgie of romantiek herstel en herskep hulle ‘n Boereverlede nie, maar bowenal uit ‘n verantwoordelikheidsbesef teenoor die hede. “So is onse maniere” wil hulle aan die moderne Afrikaner sê. Ons het ‘n eie geskeidenis, en ‘n kultuur wat wortel in ons eie aarde.