Ouverture Op Overberg By Ettie Bierman
All Books are second hand
Dust jacket is damaged
Is dit romanties om met n man te trou wat jy nie liefhet nie en wat jou nie liefhet nie? Kobie Coetzee het stellig met hierdie vraag geworstel toe die lewe haar feitlik gedwing het om met Johan Reyneke te trou – die man van die buurplaas wat sy skaars geken het en wat sy sekerlik nie liefgehad het nie.
Kobie het by haar broer dokter Pieter Coetzee en sy vrou Suzette gewoon nadat haar ouers oorlede is. Volgens haar oom Jacob se testament sou sy n plaas erf en haar broer sou n groot bedrag erf mits sy met Johan Reyneke trou. Sy het besluit dat sy dit sou doe nom haar broer te help, want hy het baie studieskuld gehad en hy wou gaan spesialiseer. Maar sy het nie rekening gehou met Leane nie – die meisie aan wie Johan verloof was en wat hom nog liefgehad het. Sy het Thys Matthee ook buite rekening gelaat – Thys wat haar syne wou maak.