Skilpoppe By Barrie Hough
All Books are second hand
In ieder geval, hier is sy: Anna Meyer, in standerd agt, en sy moet Juliet speel in haar skool se opvoering van Shakespeare se Romeo en Juliet. Dwarsdeur die manuskrip is die verhaal van Romeo en Juliet ‘n basis, en dien as parallelspel vir die dood van Sebast, Anna se ouer broer. Anna en haar suster Elise sukkel steeds om die dood van hul broer te verwerk. Die leser verneem later Sebast het selfmoord gepleeg, waarskynlik as gevolg van sy pa se brute hantering van Sebast en Ching-kung, sy gay vriend, se verhouding.
Hul ouers gaan hou vakansie in verre Rusland, ook as deel van die herstelproses, en kort na hul weggaan begin dinge in die goed geordende voorstedelike huishouding verkeerd loop - sommer op ‘n galop. Dit loop lelik verkeerd; ‘n mens hou jou asem vir die susters op.
Maar op 'n baie delikate manier, en veral deur die tussenkoms van die fantasie-element van Juliet Capulet, die fantasiekind van William Shakespeare, kom die sake stadig weer reg.