Plek Van Die Bittermaan By Helene De Kock
All Books are second hand
Plek van die bittermaan is die verhaal van ‘n ongetroude enkelma wat stad toe vlug met haar seuntjie in die hoop dat sy daar ‘anoniem’ sal kan wees. Maar vir die beeldskone Tessa Verwey is dit nie so maklik nie. Dis net nie moontlik om haar van die res van die wêreld af te sny nie, want in die losieshuis waar hulle tuisgaan, word sy voor hartverskeurende keuses gestel. Daar is die dinamiese Simon wat in ‘n rolstoel sit, Otto, die aantreklike aspirant-advokaat — en die begrypende wewenaar, Frans. Wie van hulle sal vir haar ên haar seuntjie kans sien? En by wie lê haar hart?