Die Woord Van Eer By Babbis Friis Baastad
All books are second hand
Die geheimsinnige ridder het op Maandag verskyn. Om presies te wees: hy het nie verskyn nie; hy was sommer daar. Tott was juis op die punt om te sê wie die nuwe fiets gebreek het, toe hy onthou dat hy sy erewoord gegee het om nie te verklap nie. En elke keer daarna wanneer hy sy belofte wil breek, is die ridder daar. So word Tott deur sy gewete geknel en voortgedryf om alles in sy vermoë te doen om ‘n nuwe fiest in die hande te kry – voor Saterdag. Die woord van eer vertel hoe Tott spartel om sy woord te hou en die fiets betyds te kry.