Koning Kalahari By Calvyn van Niekerk

Koning Kalahari By Calvyn van Niekerk

  • R 30.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


All Books are second hand
Calvyn van Niekerk
9780868161495

‘n Hele trop buffels kan hier wegkruip, dink Melt benoud.

Hy sluk. Sy keel is droog. Hy sweet. As hy net geweet het waarna hulle soek. Hulle is deur die takke, ‘n oop stuk sand voor hulle, toe Melt skielik ‘n geluid hoor wat hom tot in sy tone yskoud laat word. Dis ‘n sagte, diep grom wat hy onmiddellik herken. Net één dier op aarde kan so grom.

Skuins voor hom steek sy pa in sy spore vas, en op daardie oomblik spring die leeu…

Koning Kalahari is die dramatiese en opwindende verhaal van ‘n besonderse leeu. Dit is ook die verhaal van jong Melt Fourie, Veronica Hotz en Lisa Knoetse.