N Soen Vir Whitney

N Soen Vir Whitney

  • R 30.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


All Books are second hand
Onne Vegter
9780620318402

Whitney se maag het nou bollemakiesie geslaan en haar asem het begin jaag. Wat was hy van plan om te doen? Sy wou so graag gesoen word – ‘n seun het haar nog nooit vantevore gesoen nie. En Lucky was so aantreklik, so gewild. Dit het so lekker gevoel om saam met hom gesien te word en om deur hom begeer te word. Sy het niks gesé nie en net gewag op wat hy volgende sou doen.

Whitney se eerste soen is ‘n belewenis wat sy nooit sal vergeet nie. Die onskuld van kindwees word vervang deur die vuur van tiener – wees – die romanse, die opwinding en die hartstog. Dit lyk alles so wonderlik, maar haar gunsteling-onderwyseres, juffrou Pillay, waarsku haar dat jonkwees ook ‘n ander sy het. Die dertienjarige Whitney maak eerstehands kennis met hierdie ander sy – die slag van verlies, die pyn van verraad en die bitterheid van verwerping. Sy kom van aangesig tot aangesig met die realiteit van MIV en vigs, en bevind haarself in omtandighede waar sy moeilike en lewensveranderende besluite moet neein.

Whitney se roerende en inspirerende verhaal speel hom af in die Thembalethu-township in die Wes-Kaap, en spreek die ware kwessies aan wat jong mense in Suidelike Afrika daagliks in die gesig moet staar. Haar pad is ‘n pad wat ons almal moet stap – ‘n innerlike ontdekkingsreis waarlangs ons moet besluit wat vir ons belangrik is en watter waardes ons wil nastreef. Opvoeders kan ‘n Soen vir Whitney gebruik as deel van ‘n onderrigprogram wat gerig is op MIV- en vigsvoorkoming. Die roman se boodskap van hoop, begrip en voorkoming spreek oortuigend en duidelik tot die wat die grootste risiko loop om slagoffers van die vigs-epidemie te word – ons jong mense. ‘n Handleiding met besprekingsvrae en fotokopieerbare leerderswerkblaaie is beskikbaar by die uitgewer. Hierdie publikasie het oorspronklik in Engels verskyn onder die titel Whitney s Kiss.